Afsterwe en staatsbegrafnis van Elizabeth II

Afsterwe en staatsbegrafnis van Elizabeth II
A flag at half mast.

Van bo na onder, en links na regs:

(1) Skares by Buckingham-paleis na die afsterwe van Elizabeth II. (2) Huldeblyke deur mense by Green Park. (3) Fotos van die koningin by 'n roltrap by die metrostasie Tottenham Court Road. (4) Elizabeth II se kis verlaat Holyrood-paleis. (5) Die Buckingham-paleis se vlag hang halfmas.
Datum
  • 8 September 2022 (2022-09-08)
  • (datum van afsterwe)
  • 12 September 2022 (2022-09-12)
  • (datum van dankbaarheidsdiens)
  • 19 September 2022 (2022-09-19)
  • (datum van staasbegrafnisdiens en teraardebestelling)
Plek

Op 8 September 2022 het Elizabeth II, koningin van die Verenigde Koninkryk en die ander Statebondslande, die langs lewende en langs regerende Britse monarg, op die ouderdom van 96 in Balmoral-kasteel in Skotland gesterf. Haar dood is om 18:30 BST aangekondig, gevolg deur reaksies van leiers regoor die wêreld. Sy is opgevolg deur haar oudste kind, Charles III.

Die koningin se dood het Operasie London Bridge van stapel gestuur, 'n versameling planne, insluitend reëlings vir haar begrafnis, en Operasie Unicorn, wat protokolle daargestel het vir die koningin se dood in Skotland. Die Verenigde Koninkryk handhaaf 'n nasionale routydperk van 10 dae. 'n Staatsbegrafnisdiens is op 19 September 2022 om 11:00 BST by Westminster-abdy gehou, gevolg deur 'n teraardebestellingsdiens later die dag by St. George-kapel by Windsor-kasteel. Die koningin is in die Koning George VI-gedenkkapel by St. George begrawe. Die geleentheid van haar staatsbegrafnis was 'n nasionale vakansiedag in die VK gewees.


Developed by StudentB